Ontmoet vir Claude - 'n hond soos min! Claude is 'n klein hondjie met 'n ronde lyfie, wat 'n baret en 'n pragtige rooi trui dra.
Sy beste maat is Meneer Bobbelkous.
Waarheen sal Claude en Meneer Bobbelkous vandag gaan?
Claude Hou Vakansie
’n Vakansie by die see word ’n asemrowende avontuur toe Claude seerowers ontmoet, op ’n skip rondvaar, en ’n skat ontdek!
Claude in die Stad
Claude gaan kuier in die stad waar hy by ’n museum inloer, ’n skelm help vastrek en almal se held word!
Claude Gaan vir Goud
Claude het rooimiere! Hy kan nie wag om deel te neem aan die Hengse Groot Sportdag nie. Hy wil die goue beker wen, maar dan beland dit in die kloue van twee skelm skurke. Kan Claude die toernooi red en die beker wen?
Claude in die Kollig
’n Stappie deur die dorp se strate lei tot ’n opskop en ’n stertswaai-avontuur toe Claude sy pad tot in die teater oopdans – tot reg in die kollig!